Oplossing


Om te kyk of 'n webtuiste geloofwaardig is gaan kyk mens na die webtuiste se "about us" afdeling om te kyk of die webtuiste eintlik is wat hulle sê hulle is. Kyk of die artikel 'satire' or 'fauxtire' opskrifte gebruik waarop mense dadelik sal reageer en daaraan sou lees. Die wat negatiewe emosies of partydigheid lok is die waarvoor jy moet uit kyk. Kyk of die besigheid/webtuiste deel is van die Interactive Advertising Bureau. Laastens kan jy ook gaan kyk of jy die eienaar van die webtuiste kan kry en/of die persoon wat die artikel geskryf het om te sien wat die persoon se kwalifikasies is (Africa Check, 2016).


Wees 'n verantwoordelike internet gebruiker, mense kan baie drasties reageer op wat jy vir hulle aanstuur. Wees net bewus van wat jy stuur en wat die inhoud is van wat jy stuur. Kry betroubare webtuistes waarop nuus gelaai word wat jy kan aanstuur en ondersteun die webtuistes se 'content' deur om hulle goed aan te stuur eerder as 'n ander webtuiste sin. Jy kan ook die wolhaarnuus artikels ontbloot. As jy weet van 'n artikel wat 'fake' is stuur dit aan en sê vir die mense dat die artikel 'n hoax is en dat hulle die artikel moet vermy. Op Facebook kan jy ook 'n artikel 'flag' as jy weet dat die artikel 'fake' is. So as jy sien dat iemand iets versprei wat nie waar is nie is dit goed dat jy dit eerder moet rapporteer (Africa Check, 2016).