Tuisblad Inleiding
Navorsing

Agtergrond
Identifiseer
Oplossings
Bibliografie

Bevindinge

Liggaam


Agtergrond


Wolhaarnuus is die vinnige verspreiding van valse inligting en nuus. Wat bestuur word deur mense met 'n honger vir "ads dollars" of met 'n spesifieke doel om verwarring te saai. Valse nuus skeppers verdien geld van niksvermoedende lesers, wat bloot gestel word aan hul inkomste-genereerde advertensies, nadat hul gegryp was deur hul lokkende onderwerpe en opskrifte (Pillay & van Rensburg, 2017).

Wolhaarnuus staan op die spektrum van pure leuens tot stories wat gedeeltelik waar is, maar met 'n opsetlike onwaarheid bygevoeg,omrede alle wolhhaarnuus geskryf word met die doel om te mislei (Pillay & van Rensburg, 2017).

Om wolhaarnuus of valse inligting te versprei, kan tronkstraf beteken. Veral wanneer dit 'n globale of grootskaalse paniek veroorsaak (Connect Safely, 2016).

Die enigste voordeel wat wolhaarnuus skeppers kry, deur om valse berigte te skep en dit te laat versprei, is slegs dat dit hul 'n "ego-boost" gee (Connect Safely, 2016).
Byvoorbeeld die jong mense in Veles (`n Klein Oos-Europese dorpie), hul het miskien nie veel belangstelling in die Amerikaanse politiek nie, maar a.g.v. die geld wat hul kon maak deur advertensies oor facebook, wou hul graag hê dat hul fiksie en stories wêreldwyd versprei word (Wendling, 2018).

Wolhaarnuus is 'n gevaarlike probleem wat ons almal raak, veral in die lig van sy vermoë om die publiek se opinie te draai en selfs gewelddadige reaksies te veroorsaak (Pillay & van Rensburg, 2017).
Verkeerde en verdraaide inligting, leuens en bedrog kom al vir baie lank voor. Maar Silverman en ander ondersoekers het 'n unieke verhouding ontbloot, tussen sosiale media-algoritmes, advertensie stelsels, mense wat bereid was om dinge versin om maklik geld te verdien en 'n verkiesing wat 'n nasie en baie van die wêreld aangegryp het (Wendling, 2018).

Die frase "wolhaarnuus" het nou 'n veel groter impak/ nadeel, as die vermelde tieners se optrede met vinnig-ryk-maak, mark aanhangers.

Op 8 Desember 2016 het Hillary Clinton in 'n toespraak genoem dat:
Dit nou duidelik is dat sogenaamde valse nuus, werklik ernstige nagevolge in die regte wêreld kan hê . Dit handel nie slegs oor politiek of partydigheid nie, maar dat daar lewens in wat in gevaar is, die lewens van gewone mense. Mense wat net probeer om deur die dag te kom, hul werk verrig en by te dra tot die gemeenskap en samelewing (Wendling, 2018).

Sommige joernaliste vermoed dat sy verwys het na die "Pizzagate" geval, waar 'n valse gerig op 'n super snel- manier versprei het op die internet. Die berig het verwys na hoe seks slawe onder 'n pizza- restaurant in Washington gevange gehou sou wees. Slegs 'n paar dae voor Clinton se toespraak, het 'n man met 'n geweer die besige familie-vriendelike restaurant betree, niemand was beseer nie, en die man was in hegtenis geneem en gevonnis met 'n 4 jaar lange tronkstraf (Wendling, 2018).

Wolhaarnuus kan veroorsaak dat mense slegte besluite maak/ oningeligte besluite maak. Byvoorbeeld om vir of teen 'n kandidaat te stem of 'n probleem, wat gebaseer is op valse inligting. Dit kan ook gebaseer wees op eensydige uitkyke op die wêreld of die spesifieke saak.
Sommige mense lewe in 'n "vakuum"- borrel, wat slegs met mense meng wat hul opinies en standpunte deel, asook hul self slegs omring met media wat hul vooropgestelde idees versterk, sonder om hul bloot te stel aan ander alternatiewe standpunte. Wanneer wolhaarnuus in die vergelyking bygevoeg word, word die probleem veel erger, want valse inligting versterk hierdie vooropgestelde idees (Pillay & van Rensburg, 2017).

Dit is baie frustrerend om uit te vind dat mense aanhou om wolhaarnuus oor sosiale webtuistes rond te stuur.
Maar wolhaarnuus versprei so vinnig omdat mense te vinnig glo wat hul lees, dus versprei hul dit sonder om eers navorsing te doen en seker te maak die inligting is die waarheid is nie (Connect Safely, 2016).

Wolhaarnuus is nie meer net 'n stroom van leuens, wat net deur diegene met min onderwys ingewag word nie.

Kenners sê ,
hoogs-opgevoede mense kan ook deur wolhaar-leuens om die bos gelei word - en kan dikwels hardkoppig wees wanneer hulle met inligting aangebied word wat hul sienings/opinies uitdaag (Wendling, 2018).

Binne maande nadat die term "wolhaarnuus" aan die lig gekom het, het die term byna betekenloos geraak. Mense het die term begin gebruik vir enige iets waarmee hul nie saam stem nie.
Byvoorbeeld: Verkeerde inligting, verdraaiing van stories, wit leuens, foute, samesweringsteorieë en verslae waarmee mense net nie saam gestem het nie (Wendling, 2018).

"Ons het dit aan onsself gedoen, en deur 'ons' bedoel ek die media,"
sê Alexios Mantzarlis, direkteur van die Internasionale Feit kontrole netwerk van die Poynter Instituut.
"direk na die verkiesing het ons begin om 'n bietjie van alles, wolhaarnuus te noem, bv. in nuusberigte of in redaksies (Wendling, 2018).

Sy woorde :
"Ons moet bewus wees dat ons bedryf/industrie gedeeltelik aanspreeklik is vir die verwarring waarin ons nou is" (Wendling, 2018).

"Die rede waarom ek nie nou van die frase hou nie, is omdat dit as 'n term gebruik word om alles te beskryf"
sê Clare Wardle van First Draft News, ('n nie-winsgewende, sonder winsbejag, instansie) by Harvard se Shorenstein-sentrum.
"of dit dan nou iets is soos geborge post, 'n advertensie, meme, 'n bot op twitter of 'n rondloop storie. Mense gebruik dit net teen enige inligting waarvan hul nie hou nie" (Wendling, 2018).

Haar woorde :"Whether it's a sponsored post, an ad, a visual meme, a bot on Twitter, a rumour - people just use it against any information they don't like (Wendling, 2018).
Sy sê :
"Dit is 'n baie ingewikkelde probleem en dat ons duidelike definisies aan die terme van wolfhaarnuus moet heg, eer ons kan tussenbeide treë" (Wendling, 2018).

Die globale verspreiding van wolhaarnuus:

Dit is duidelik dat die inskakelaar van die moderne vorm van "valse nuus" - of, as jy wil, mis informasie - die plofbare groei van sosiale media is (Wendling, 2018).
Wardle beweer dat Twitter vroeër gebruik was om persone se menings te lug en indien dit omstrede inligting sou bevat, sou die res van die lesers baie gou daarop kommentaar lewer. Tans is die forum oorvol en dus gebeur die regstelling vanaf lesers nie meer so flink nie (Wendling, 2018).

"Daar is baie meer mense wat nou as feite-kontroleerders optree en al die oonde van valse inligting probeer skoonmaak, maar dit is op 'n skaal by wat ons nou net nie kan byhou nie." (Wendling, 2018).

So wat moet ons daaroor doen? Feit-kontrole werk dan,
sê Alexios Mantzarlis, maar outomatiese oplossings is waarskynlik nie die antwoord nie (Wendling, 2018).
"Ons is besig om robot aktief te ondersoek, wat sowat 20 jaar ondersoek en ons is nie eens naby aan dit nie,"
sê hy. "Wat ons wel kan doen, is om mense en joernaliste te help om vinniger eise te vind, en toegang te kry tot die statistieke wat hulle nodig het om 'n eis vinniger te verifieer/ bevestig." (Wendling, 2018).
"Ek sien 'n enorme potensiaal in tegnologie as 'n assistent en turbo-aanjaer van feite kontrole,"
sê hy. "Ek sien bitter min gebruik/ nut in tegnologie as 'n "one-size-fits-all" universele "fixer" vir hierdie probleem " (Wendling, 2018).

Desondanks al die feite kontrole-instellings in die wê reld sal ons nooit in staat wees om elke gerug of nagemaakte/ valse "feit" te elimineer nie. Terwyl sommige mediaberigte twyfel oor die effektiwiteit van feitekontrole, is Mantzarlis oortuig dat sy werk 'n impak het (Wendling, 2018).
Verder beweer Mantzarlis dat konstante optrede in verband met regstelling van onwaarhede die afgelope 2 jaar, selfs deelnemers aan die verspreiding van die vals inligting, tog tot ander insigte oortuig raak om die onwaarhede te erken.

Sy woorde : " People might be "fact resistant", but very few are "fact immune" (Wendling, 2018).

In terme van wolhaarnuus se impak op kiesers:

Daar is een noodsaaklike vraag - watter invloed het verkeerde inligting/mis informasie regtig in die gedagtes van kiesers? Sedert die debat oor die kwessie regtig net 'n bietjie meer as 'n jaar gelede afgeneem het, was daar groot meningsverskil oor óf valse stories wat aanlyn versprei het, inderdaad enige invloed op mense se politiek of stem patrone het (Wendling, 2018).
In een van die eerste akademiese studies oor die verbruik van vals nuus het navorsers by Princeton, Dartmouth en die Universiteit van Exeter bevind dat sowat 25 persent van die Amerikaners in 'n tydperk van ses weke, tydens die tydperk van die Amerikaanse verkiesing in 2016, 'n vals nuusblad besoek het (Wendling, 2018).
Die navorsers het ook bevind dat die besoeke hoogs gekonsentreer was - 10% van die lesers het 60% van die besoeke gemaak. Die navorsing dui verder aan dat die valse nuus nie stemmers oortuig het nie (Wendling, 2018).

"Daar was 'n groot trefwydte van die valse nuus maar dit sou gewaagd wees om te beweer dat lesers wel beïnvloed was om sekere keuses te maak" sê Mantzarlis (Wendling, 2018).

Om te sê dit vergiftig ons (Amerikaanse) demokrasie, of dat dit een of ander persoon 'n verkiesing help wen het, moet ons nog veel meer navorsing doen, eer ons dit kan beweer, volgens, Mantzarlis (Wendling, 2018).

Terug na bo

Identifiseer


'n Paar maniere om wolhaarnuus uit te ken

Volgens (Connect Safely, 2016):

  • Gaan kyk of ander nuus webtuiste berigte dieselfde storie rapporteer.
  • Kyk vir vreemde domeinname
  • Gaan kyk na die "about us" section van die webtuiste
  • Of soek vir inligting oor die webtuiste op snopes.com
  • Wanneer 'n algemene nuus webtuiste se URL eindig met ".com.co", is hul dikwels valse weergawes van nuus
  • Slegte webblad struktuur- ontwerp. Bv. Deurmekaar paragrawe, "fonts" en/of "all caps"
  • Wanneer die berig jou 'n streng negatiewe emosie laat beleef, in so mate dat jy ervaar dat jy dit dadelik verder moet versprei.

Volgens (Pillay & van Rensburg, 2017):

Dink krities daaroor:
Wanneer jy iets sien wat lyk asof dit dalk nie waar is nie, doen bietjie navorsing voor jy dit verder versprei.
Soek vir feite:
Wanneer jy 'n storie teëkom wat skepties lyk, kan jy dikwels via 'n soekenjin uitvind of dit waar is.
Op 'n webblaaier hoef jy net 'n paar sinne of klein paragraaf van die teks uit te lig en daarop regs te klik. Dit sal 'n soekenjin oopmaak, wat jou na ander moontlike webblaaie sal verwys met dieselfde of soortgelyke inligting. Maak seker dat jy die geloofwaardigheid van die webblad waarheen jy geneem word, ook betroubaar is. Maak seker dat dit 'n wettige feite kontrole-organisasie is.
Verbeter jou media-geletterdheid.
Wolhaarnuus speel dikwels 'n rol in spesifieke vrese of bygelowe. Bv, stories oor die huidige president, of - ware meermin- gevind. Wanneer 'n storie veral eensydig voorkom of verskriklik streng op 'n spesifieke persoon of enkel idee konsentreer, is dit heelwaarskynlik wolhaarnuus.
Lees verder as die opskrif.
Is die berig gebalanseerd is met ondersteuning vir beide kante van 'n probleem of storie?
Is daar 'n geheime motief?
Indien wel, soek vir die skrywer se naam en kyk watter ander stories en berigte hy geskryf het. Wanneer jy geen ander berigte kan vind wat deur daardie skrywer geskryf is nie, is dit 'n baie groot "rooi vlag"!.
Kyk noukeurig na die aanhalings.
Valse nuus-skeppers het dikwels nie erns om self kommentaar op die berig te lewer nie. Wanneer 'n bron geïdentifiseer is, doen 'n soektog op die bron se naam , organisasie of maatskappy.
Wees bedag op vreemde URL's.
Valse nuus webwerwe het dikwels ongewone URL's, maar nie altyd nie. Valse nuus webwerwe kan ook opreg-klinkende name en URL's hê . Bv. Now8News.
Wees skepties oor foto's sowel as teks.
Foto's kan gesteel word en in vals nuus verhale geplaas word om hulle die gevoel van die regte te gee. Hul kan ook "photoshopped" wees, om mense in 'n situasie of plekke te plaas waar hulle nog nooit tevore was nie. Wanneer 'n foto agterdogtig lyk, doen omgekeerde beeld soektog.
Gaan kyk na die webblad se "about us" afdeling.
Sarkastiese webwerwe sal hul missie duidelik maak.
Wanneer jy twyfel, gaan doen navorsing
op Snops.com or FactCheck.org, PolitiFact.com of enige van die ander webwerwe wat deel is van die "Poynter Fact Cheaking" Netwerk.

Terug na bo

Oplossings vir ons toekoms


Die goeie nuus is dat wolhaarnuus uiteindelik bespreek en aangespreek word. 'n Studie van Stanford Universiteit se navorsers in 2016, beskryf jong mense se kapasiteit om wolhaarnuus van ware nuus te onderskei, as bitter swak (Pillay & van Rensburg, 2017).
Dit is veral skrikwekkend aangesien ons jeug die meeste van hul inligting of nuus, vanaf sosiale media verkry, bv. Facebook, instagram ens. 'n Groot klomp volwassenes maak hul ook daaraan skuldig (Pillay & van Rensburg, 2017).

Facebook het onlangs 'n program geskep wat gebruikers in staat stel om wolhaarnuus te rapporteer, wat dan deur 'n Feite-kontrole-organisasie ontleed word. Die sosiale media organisasie sal nie die berig afhaal of keer dat dit verder versprei word nie, maar wel 'n waarskuwing aanheg wat aandui dat die berig nie goedgekeur was deur onafhanklike feite-ondersoekers nie (Pillay & van Rensburg, 2017).

In die toekoms kan die term wolhaarnuus dalk gesien word as 'n oorywerige bemoeienis van die jaar 2017. Maar die stryd teen verkeerde inligting sal nie weggaan nie. Besighede en regerings begin nou met konkrete optrede in die bekamping daarvan (Wendling, 2018).

"Google en Facebook het albei gesê dat hulle baie mense gaan aanstel om inhoud te hersien en hul diensbepalings te handhaaf en valse- en onwettige dinge van hul platform af te hou.

Ek is geïnteresseerd om te sien hoe dit werklik gedoen gaan word," het Buzzfeed se Silverman gesê (Wendling, 2018).

Buiten bekommernisse oor die mag van die sosiale media-maatskappye, het die kenners ook kommer oor die mag van regerings in die verband (Wendling, 2018).

"Soms sal goed-bedoelende, maar swak ingeligte wetgewers die probleem aanspreek en in hul pogings, meer skade doen as om die probleem wat hulle probeer oplos, hok te slaan. Mantzarlis beweer dat wetgewing in verskeie lande in Europa voorgestel word (Wendling, 2018).

Die mees omvattende wetgewing het op 1 Januarie 2017 in Duitsland in werking getree. Die wet vereis dat sosiale media-webtuistes vinnig haat spraak, valse nuus en onwettige materiaal of gesig boetes tot 50m Euro (£ 44.3m, $ 61.1m) verwyder (Wendling, 2018).

Bo en behalwe geskrewe politieke nuus-stories, is daar nuwe grense met betrekking tot illustratiewe voorstellings wat feite kontroleurs probeer ontrafel (Wendling, 2018).

"Ek dink regtig dat ons meer moet dink aan visuele kunste. Visuele illustrasies is 'n kragtige media van disinformasie" sê Claire Wardle.
Foto's word met behulp van vinnige spoed op geslote boodskappe soos WhatsApp of Vesel tegnieke versprei (Wendling, 2018).

Terwyl die bespreking oor "valse nuus" op die Weste gefokus het, is daar baie foutiewe inligting oor gesondheid, godsdiens en geloof en die gemeenskap buite die VSA, wat versprei word in die ontwikkelende lande (Wendling, 2018).

"Die invloed van iets soos WhatsApp is, dat dit juis mense van dieselfde ouderdomsgroepe saamsnoer wat vertroue in mekaar het", volgens Wardle (Wendling, 2018).

Facebook se beleid (waar hul gebruikers toe laat om 'n berig te rapporteer, sodat dit gekontroleer kan word. En dan 'n waarskuwing aanheg as die berig of bron nie betroubaar is nie.),is 'n goeie eerste stap, maar almal van ons as gebruikers het 'n belangrike rol om te speel, want fake nuus betrek ons almal (Pillay & van Rensburg, 2017).

Maniere hoe jy as gebruiker kan reageer op wolhaarnuus

Wanneer jy 'n berig op sosiale media teëkom oor iets soos ontvoering, bel eerder die naaste polisie sentrum om seker te maak dat die berig die waarheid is, voor jy dit verder versprei (Connect Safely, 2016).

Of probeer ten minste vermei om wolhaarnuus verder te versprei. Deur dit te versprei, is byna so erg as om dit te skep. Niemand wil geken word as 'n leuenaar nie, maar wanneer jy wolhaarnuus versprei sonder om enige poging aan te wend om te verseker dat die inligting betroubaar is, is jy basies niks beter as hul nie, selfs al was dit nie jou bedoeling om te lieg nie, of om 'n leuen te versprei nie (Pillay & van Rensburg, 2017).

Jy kan die berig aanmeld/ rapporteer deur gebruik te maak van Facebook se "report this" hulpmiddel, indien jy die berig oor Facebook teëgekom het. Jy kan 'n kommentaar daaraan heg dat dit nie waar is nie, of die bron is nie betroubaar nie om ander mense te waarsku om nie die berig te glo of verder te versprei nie, maar onthou om die "link" ook by te sit van die feite kontrole webwerf wat jy gebruik het om dit na te sien (Pillay & van Rensburg, 2017).

Jy kan jou vriende, familie en veral kinders, opvoed oor die teenwoordigheid van wolhaarnuus en die gevare daarvan. Bespreek wolhaarnuus met jou mense oor etenstyd, of by 'n sosiale byeenkoms, deel wenke van hoe om seker te maak 'n berig is betroubaar, asook vir wat om dop te hou en hoe jy aan 'n berig of webwerf kan uitken dat hul nie betroubaar is nie. Vra hul of hul weet van voorbeelde van wolhhaarnuus of oor mites van die oeroue tyd (Pillay & van Rensburg, 2017).

Tree in wanneer jy sien dat 'n vriend 'n valse storie oor sosiale media versprei. Vat hom vas en lig hom in op wat is wolhaarnuus en hoe om dit te identifiseer. Heg 'n skakel na "snopes" of enige ander kontrole webwerf, wat bewyse het dat die berig onwaar is of onbetroubaar is sodat dit mense sal ontmoedig om die berig te glo, om kommentaar daarop te lewer of verder te versprei (Pillay & van Rensburg, 2017).

Terug na bo

Bibliografie


Connect Safely, 2016. How & why to avoid sharing fake news.
[Online] Available at: http://www.connectsafely.org/fake-news-tips-from-connectsafely/
[Accessed 20 Mar 2018].

Pillay, K. & van Rensburg, A. J., 2017. How to spot fake news and false information.
[Online] Available at: https://www.news24.com/Columnists/GuestColumn/how-to-spot-fake-news-and-false-information-20170613
[Accessed 20 Mar 2018].

Wendling, M., 2018. The (almost) complete history of 'fake news'.
[Online] Available at: http://www.bbc.com/news/blogs-trending-42724320"
[Accessed 20 Mar 2018].