Probleem

In 2015 het kindermishandeling die land se ekonomie R238 miljard gekos. Die bedrag is onlangs bekend gemaak na 'n impak studie wat deur die kinderregte-organisasie "Save the Children South Africa" versoek is.

Die studie het onder meer na die langtermyneffek van emosionele, fisieke en seksuele mishandeling van kinders gekyk en wat dit die Suid-Afrikaanse ekonomie kos.
Die studie is gelei deur die Universiteit van Kaapstad in samewerking met die Universiteite van Edinburgh en Georgia, wat data uit verskeie nasionale opnames en verslae versamel het (maroela media, 2016).

    Hierdie is die resultate van die studie:

  • 7.2% seksuele mishandeling
  • 26.1% fisieke mishandeling
  • 12.6% emosionele mishandeling.
  • 12.2% verwaarlosing van kinders.

Meisies word 30% meer blootgestel aan emosionele verwaarlosing as seuns. Slagoffers van seksuele mishandeling is 4.9 keer meer geneig om dwelms te misbruik.

Slagoffers wat as kinders fisiek mishandel is, is 1.34 keer meer geneig om aan vetsug te ly.

Slagoffers wat as kind fisiek mishandel is, is 1.14 keer meer geneig om later geestesgesondheidsprobleme te ontwikkel. Geweld teenoor kinders veroorsaak dat Suid-Afrika 50% gesonde lewensjare verloor.

Kindermishandeling het ook 'n direkte impak op 'n kind se toekomstige vermoë om 'n inkomste te genereer as volwassene. Die inkomste potensiaal van hierdie kinders verminder met 11.7% (maroela media, 2016).

Uitdagings

Die kontaklense sal nie net foto's en video's neem nie, maar sal ook data stoor, sonder hulp van enige ander elektroniese toestel.

Die lens sal volgens die patent 'n organiese elektroluminisense-skerm vertoon (Huffpost, 2016).

Deur 'n oog te knip op 'n sekere manier, kan die kontaklens bepaal wat hy moet doen. Die kamera sal outomaties fokus, daar sal ook outomaties "exposure adjustment" en 'n "adjustable zoom" voorkom (Huffpost, 2016).

Ons visie is een van die kosbaarste sintuie wat ons het. Ons is daarvan afhanklik van die oomblik wat ons wakker word tot ons gaan slaap.

Natuurlik, met die bekendstelling van hierdie tegnologie, sal ons groot veranderinge in gedrag sien, aangesien slim kontaklense letterlik die manier waarop ons die wêreld en ander sien, kan verander (The Sociable, 2017).

Smart Kontaklens se prys sal R 22 000/paar wees (Mindiamart, 2015).